Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: JUSTIN TIMBERLAKE - CAN'T STOP THE FEELING
Now Playing:
JUSTIN TIMBERLAKE - CAN'T STOP THE FEELING

Event info

Local is lekker 2015 cd

Local is Lekker

Daar is minder as 3 weke oor om kaartjies vir vanjaar se Local is Lekker-konsert te koop.

Vanjaar sal Garth Taylor, Theuns Jordaan en Dr Victor and the Rasta Rebels die verhoog in die Liqui-Fruit-amfiteater in die Paarl op Saterdag 21 Maart deel.

Die konsert word deur TygerBurger, CapeGate-winkelsentrum en Smile 90.4fm aangebied en is nog steeds die enigste in die land waar die publiek die kunstenaars gekies het.

Ná weke se gestemmery is die topdrie in Desember verlede jaar aangewys. Hulle is Garth Taylor, Dr Victor and the Rasta Rebels en Theuns Jordaan, wat vir ’n derde keer deur ons lesers gekies is om op te tree.

Anders as met ander verskeidenheidskonserte, waar elke sanger net een of twee liedjies sing, sal elke kunstenaar sy eie volle vertoning by die Local is Lekker-konsert lewer –  dis so goed soos drie konserte in een aand vir die prys van een.

Nog ’n bonus van dié konsert is die pragtige venue met sy lieflike uitsig.

Konsertgangers word aangemoedig om vroeër te kom en op die grasterrasse van die amfiteater te kuier.

Kos- en wynstalletjies sal versnaperinge verkoop.

Kaartjies vir Local is Lekker-2015 kos tussen R130 en R160 en is by Computicket of www.cultivaria.combeskikbaar.

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments