Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: COLDPLAY - LET'S GROOVE
Now Playing:
COLDPLAY - LET'S GROOVE

Event info

homemakers_expo_logo

Treffend, helder en individueel – idees in huisverbetering en –ontwerp

[Click here for the English version of this page and more photos.]

Die Kaap se voorste huis-, dekor- en leefstyl-tentoonstelling, die Cape HOMEMAKERS EXPO, word van 4 tot 7 September 2014 in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) gehou.

Met die tema Bold, Bright and Individual, spog vanjaar se Cape HOMEMAKERS EXPO met sewe opwindende fokusgebiede vir besoekers om met spesialiste en bedryfsleiers in huisverbetering en –ontwerp te skakel.

Die Cape HOMEMAKERS EXPO, in samewerking met die Home | Tuis-tydskrif, sal weer eens die immergewilde DIY Workshop-reeks aanbied. Besoekers sal die geleentheid kry om professionele DDS-kundiges, wat verskeie slim huis- en dekorprojekte ’n persoonlike afronding verleen, in aksie te sien.

Vier ’n stylvolle leefwyse by inVOGUE – wat weer eens ’n groot versameling van die jongste binnenshuise dekortendense en –idees bevat.

Bederf jou tong in d’VINE life, met die mees kenmerkende smake wat die Kaap kan bied – van die beste boetiekwyn tot smaaklike kaas, tapenades en ander gourmet-lekkernye.

Ontdek pragtige, plaaslike kreatiwiteit by an ARTISANaffair – die gewildste versameling unieke, handgemaakte kunsartikels en -ontwerp deur plaaslike vakmanne en kunshandwerk-entrepreneurs.

Nou in sy tweede jaar, wemel alfresco living van die mees inspirerende tendense in buiteleefwyse en buitenshuise woonstyle. Stel jouself alfresco kookkuns, hemelblou swembaddens, pergolas, ontwerpersdekke, terras-kruietuine en patioglans voor.

Maak jou droomkombuis ’n werklikheid. Die KSA Pavilion sal besoekers verstom met die jongste in kombuis- en funksionele ontwerp. Hier kry jy alles van kombuistoestelle tot werkoppervlaktes, opwasbakke en krane.

Die Design Project 2014 fokus op Suid-Afrika se mees ultra-moderne en innoverende binnenshuise, meubel- en tekstielontwerp.

“Vanjaar se Cape HOMEMAKERS EXPO beloof om die opwindendste nog te wees, met fokusgebiede vir elkeen se belangstellings en behoeftes. Ons poog om beide uitstallers en besoekers ’n ongeëwenaarde ondervinding te bied.”

Toegang vir volwassenes is R70, pensioentrekkers betaal R50 en kinders jonger as 12 kry gratis toegang. Die expo-tye is soos volg: Donderdag – Saterdag 10:00 – 20:00 en Sondag 10:00 – 18:00.

Kaartjies kan by die deur of op www.webtickets.co.za gekoop word.

Vir meer besonderhede, skakel 021 511 2800, stuur e-pos na expocape@homemakers-sa.co.za of besoek  www.homemakersonline.co.za

ArtisanAffair046Detail057ScreenArt008WinningStands022FutureOfDesign020

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments