Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now
  • eloise
  • Tues 9am - 12pm

Now Playing: ONEREPUBLIC - WHEREVER I GO
Now Playing:
ONEREPUBLIC - WHEREVER I GO

Good News

feeding pic

Stellenbosch se Samaritane

 

Daar is nuwe hoop vir die talle behoeftige inwoners van Stellenbosch wat nie elke dag weet waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie.  Die Stellenbosch Voedingsaksie kan nou danksy groter gemeenskapsbetrokkenheid en skenkings, 12 000 maaltye per week aan behoeftige inwoners van die gebied voorsien. Na beraming  is 28% van die omgewing se inwoners in ‘n daaglikse stryd gewikkel om kos op die tafel te sit. Die Stellenbosch Voedingsaksie het in 1994 sy werksaamhede met net een voedingspunt op die dorp begin en is nou in staat om duisende maaltye by sy 37 voedingspunte te verskaf. Die punte sluit ses skole en vier klinieke in.  Woordvoerder Liesel Koen sê hulle ondersteun ook 25 ander organisasies. “Ons hoofdoel is egter om gesonde (en lekker) kos te verskaf aan enigiemand wat honger is”. Die Stellenbosch Voedingsaksie maak van 300 vrywilligers gebruik om hierdie liefdestaak uit te voer.

 

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments