Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: PM DAWN - SET ADRIFT ON MEMORY BLISS
Now Playing:
PM DAWN - SET ADRIFT ON MEMORY BLISS
wallacedene 2

 

‘n Polisiebeampte van Kraaifontein gebruik sy vrye tyd om ‘n daadwerklike verskil in sy gemeenskap te maak. Kaptein Gerhard Niemand voer nie net alles in die stryd om misdaad in die gebied te bekamp nie maar het ook met ‘n projek begin om honger magies in die Wallacedene informele nedersetting vol te maak. Die offisier samel waar hy ook al kom kos, klere, komberse en speelgoed in vir kinders van die gebied en het pas weer vir honderde glimlaggies gesorg toe hy en leerders van Settlers High hulle geskenkpakkies gaan aflewer het. Die Parow tieners sê die besoek aan die Wallacedene kleingoed het hulle oë oopgemaak vir die nood daarbuite en vir hulle net soveel beteken as vir die ontvangers van die pakkies.

 

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments