Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: COPPERFIELD - SO YOU WIN AGAIN
Now Playing:
COPPERFIELD - SO YOU WIN AGAIN

Good News

Eric Nathan

Eric Nathan, Fotograaf waarop die hele SA kan trots wees

 

Kaapstad spog met ‘n fotograaf waarop die hele Suid-Afrika trots kan wees. Eric Nathan het pas met die louere weggestap in ‘n internasionale kompetisie vir sy uitsonderlike foto van Tafelberg. Die Sky Photo kompetisie met sy tema, The Word at Night, het ten doel om bewustheid te kweek oor ligbesoedeling. Die organiseerders hoop ook die foto’s van top-fotograwe regoor die wêreld, sal mense aanspoor om die natuurlike skoonheid van die ster-belaaide  lugruim opnuut te waardeer en ook te bewaar. Dis die sesde keer dat die kompetisie aangebied word, met ons “Kaapse trots” wat stof in die oë van meer as 50 ander geskop het. James Richardson, die wêreldbekende National Geographic fotograaf wat een van die beoordelaars was, sê die volgende oor Eric se wenfoto: “The play of light patterns here, with the circling stars set against the urban labyrinths, makes this image a delight to explore, while at the same time showing the power of city lights to dominate the natural world.”

 

Eric het met Smile 90.4FM se Eloise Pretorius oor die groot prestasie gesels; luister gerus na die onderhoud hier.

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments