Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: COPPERFIELD - SO YOU WIN AGAIN
Now Playing:
COPPERFIELD - SO YOU WIN AGAIN

Good News

ms

Lang pad vir veelvuldige sklerose

 

Anneke Olivier, ‘n verpleegkundige en kranige tweekamp-atleet, is te voet op pad na Kaapstad om mense bewus te maak van veelvuldige sklerose (VS), ‘n siekte waarmee sy in 2010 gediagnoseer is. Anneke, wat in Bethulie woon, het in 2009 besef sy het spierbeheer oor haar een oog verloor en in 2010 het sy geen meer sensasie van haar voete na haar bolyf gehad nie. Sy is kort daarna met VS gediagnoseer. Haar hand-koördinasie is onder meer aangetas, sy moes met ‘n vergrootglas lees en sy het baie vinnig moeg geraak. Sy het egter dokters se raad gevolg en aanhou oefen deur te swem en te stap in ‘n poging om die siekte se gang te vertraag. Op 25 April 2015 het sy ‘n staptog van 874 km – van Bethulie tot Kaapstad – begin aanpak. Die doel van die projek is om mense bewus te maak van VS en om fondse in te samel deur middel van donasies en maandelikse debietorders vir die behandeling van VS. Anneke, wat vergesel word van vriendin Tania, is more op Laignsburg. Hulle staptog eindig die 15de Mei by Grand West Casino. Sy sal graag ander VS-pasiënte wil ontmoet. Indien daar persone is wat Anneke wil ontmoet, kontak haar by 079-696-8286 of by tania@boomplaas.co.za.  Anneke en Tania se reis kan op Facebook gevolg word op die blad “Op die pad met Anneke”.

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments