Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: JUSTIN TIMBERLAKE - CAN'T STOP THE FEELING
Now Playing:
JUSTIN TIMBERLAKE - CAN'T STOP THE FEELING

Good News

gift 1

‘n Helpende hand

 

Lede van die noodleningingsoperasie, Gift of the Givers, is onderweg na Nepal om Suid-Afrikaners wat nog in die land gestrand is, op te spoor en veilig huis-toe te bring.  Weens die gebrek aan kommunikasie is dit moeilik om te bepaal presies hoeveel Suid-Afrikaners in die land, wat Saterdag deur ‘n kragtige aardbewing geruk, vasgekeer is. ‘n Hoogs-gekwalifiseerde traumaspan verbonde aan die organisasie staan ook reg om Vrydag na Katmandoe te vertrek om mediese bystand te verleen. Dis die duurste soek-en reddingsoperasie wat Gift of the Givers nog onderneem het met ‘n beraamde koste van R5m. Stigter Imtiaz Suleiman vra Suid-Afrikaners om hulle harte oop te maak en waar moontlik geldelike skenkings te doen. Die Gift of the Giversspan moet onderweg in Indië stop om lewensreddende artikels soos tente, gebottelde water, nie-bederfbare kos en komberse vir die derduisende skudding-slagoffers te koop. Die dodetal staan op die oomblik op 5060 maar kan na verwagting tot soveel as 10 000 styg.

Gift of the Givers se bankbesonderhede:

Standard Bank, Pietermaritzburg

Rekeningnommer  052278611

Takkode 057525

Kontaknommer: 0800786911.

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments