Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

  • Smile 90.4FM
Now Playing: COPPERFIELD - SANTA CLAUS IS COMING TO TOWN
Now Playing:
COPPERFIELD - SANTA CLAUS IS COMING TO TOWN

Good News

armand du plessis

Veel meer as net ‘n mooi gesig

 

Armand du Plessis, die nuwe Mnr Suid-Afrika, sê hy gaan himself beywer om ‘n verskil te maak in die lewe van kinders. Du Plessis het tydens ‘n onderhoud met Smile 90.4FM lig gewerp op sy planne vir die groot jaar…

Armand du Plessis is nie net jou spreekwoordelike “mooi gesiggie” nie; die 25-jarige het ‘n regsgraad en voeg ook daad by die word by wanneer dit by sy passies kom. “Mnr Suid-Afrika is alles behalwe net ‘n kompetisie oor good looks – dis ‘n wonderlike geleentheid om ‘n verskil in mense se lewe te maak en dis presies wat ek gaan doen.”

Die lenige donkerkop sê sy titel bied ‘n geleentheid om veral met kinders, vir wie hy ‘n groot sagteplek het, te werk. Du Plessis is reeds aktief betrokke by die organisasie Desk Bags wat skooltasse wat ook as lessenaars gebruik kan word, aan minderbevoorregte leerders verskaf. (Gegewens toon dat sowat 1,3 miljoen leerders in Suid-Afrika nie lessenaars in die klaskamer het nie.)

Terloops, ons nuwe Mnr Suid-Afrika se dagboek is reeds tot Augustus volbespreek!

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments