Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now
  • eloise
  • Tues 9am - 12pm

Now Playing: ONEREPUBLIC - WHEREVER I GO
Now Playing:
ONEREPUBLIC - WHEREVER I GO

Good News

tb pic

Wêreld Tuberkulosedag

 

Tuberkulose kan genees word. Dis die boodskap van die South African National Tuberculosis Association (SANTA) op die vooraand van Wêreld Tuberkulosedag.

Dereck Esterhuyzen, SANTA se Wes-Kaapse hoof, sê die organisasie is die week druk besig met bewusmakingsprojekte in die middestad sowel as op dorpe met ‘n hoë voorkoms van TB.

SANTA, in samewerking met plaaslike skole en klinieke, bied onder meer praatjies aan en deel pamflette uit om mense bewus te maak van die simptome van die siekte. Esterhuyzen sê sy organisasie fokus op die aansteeklike soort tuberkulose wat die longe affekteer en oor die lug versprei. Simptome waarvoor daar uitgekyk moet word is ‘n konstante gehoes, ‘n gebrek aan eetlus en kroniese moegheid. (Hy noem dat TB oral in die liggaam waar bloed vloei, kan voorkom.)

Gegewens toon dat meer as 900 uit elke 100 000 mense in die Wes-Kaap middel-weerstandige tuberkulose het. Dis die provinsie in Suid-Afrika met die derde hoogste voorkoms van die siekte.

Esterhuyzen sê baie mense is nie bewus daarvan dat gratis toetse by klinieke uitgevoer word nie. “Hoe vroeër TB gediagnoseer hoe vinnig kan die persoon genees word.”

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments