Cape Town's best mix
of the 80's, 90's and now

On Air Listen Live

  • eloise
  • Mon 9am - 12pm

Now Playing: MICHAEL JACKSON - BEAT IT
Now Playing:
MICHAEL JACKSON - BEAT IT

SGNN GoodNews

Anna blomme

Ontvlugting

Op 27 Mei 2017 het die moord op die jong Matie student Hanna Cornelius die land geruk. Haar lyk is vroeg Sondagoggend op ‘n wynplaas buite Stellenbosch gevind, verkrag deur vier mans en met ‘n skerp voorwerp in haar nek gesteek.

Hoe gaan Hanna se ouers die skok, pyn en verlies hanteer? Hoe kom ouers oor so ‘n tragedie? Hoe gaan jy aan met jou lewe as jou enigste dogter so gewentenloos en wreedaardig vermoor word?

Die eerste koerant artikels wat haar ouers as Anna, ‘n prokureur in Ocean View en haar man Willem, die Hoof Landdros van Simonstad Distrik, geidentifiseer het – het ‘n ander storie vertel. Geen haat, geen verwyt, net liefde en vergifnis.

Ek wou ma Anna ontmoet. Ek wou my arms om haar vou en sê ek is jammer vir die hartseer en pyn.

Op 16 Oktober 2017 het Anna ingestem om met my te gesels vir ons geselsprogram The Honest Truth.

Sy het saam met haar beste vriendin Elmarie by die ateljee opgedaag vir ‘n voorafopname die oggend. Dit sou Anna se eerste openlike gesprek oor die dood van Hanna wees. Die idee was ook om te fokus op die Hanna Cornelius Stigting wat sy en haar man Willem begin het. Die stigting is ter nagedagtenis aan Hanna begin. In Anna se woorde “daar moet iets positiefs kom na my dogter se tragiese dood, die stigting is om moed, liefde, vergifnis en bo alles HOOP te bied aan jong mense en ook ouers wat hul kinders verloor deur sinnelose geweld en moord.

Die Hanna Cornelius Stigting is om Anna se nalatenskap te laat voort leef. Anna het vertel van die sprankelende dogter van haar en Willem wat twee dae voor haar dood gesê het “Mamma, ek wil net drie dinge in die lewe hê. Dat Boy (hul 18 jarige outistiese seun met wie Hanna ‘n baie sterk band gehad het) goed versorg word. Dat daar VREDE sal wees in ons land. En dat ek ander mense kan help…

Terwyl Anna die trane terughou het sy vertel hoe Hanna vir die afgelope drie jaar geweier het om verjaarsdae te hou en eerder haar vriende vir finansiële bydraes gevra het waarmee sy geskenk pakkies opgemaak het om in Redhill Informele Nedersetting uit te deel.

Volgens Anna was dit die enigste manier vir haar en haar man om voort te gaan met hul lewens, deur te weet Hanna het nie verniet gesterf nie, maar dat haar dood hoop vir ander sal bring. Liefde vir ouers wie se kinders grusaam vermoor word maar waarvan ons nie lees in koerante, hoor op die radio of sien op die TV nie. Om ‘n positiewe plek te skep waar jongmense die nodige ondersteuning en liefde kan ontvang – om die regte besluite te maak in hul lewens.

Anna het vertel hoe sy en Hannah, toe net dertien jaar oud, met ‘n rugsak deur Indië gereis het, een van haar gunsteling lande wat sy ses keer besoek het. Sy het Ghandi aangehaal: “If you want peace in the world, start with the children, give them love give them courage”. Presies wat sy en Willem beplan met die Hanna Cornelius Stigting.

As ek my oë toe maak, hoor ek so duidelik Anna se stem. Vasberade, oortuigend, postitief met ‘n determinasie om die trane terug te hou om haar boodskap van moed, hoop en liefde aan my en die luiseraars oor te dra. Sy het genoem dat ons nie langer kan sit by die Waterfront en duur drankies drink terwyl mense “soos vlieë” in Khayelitsha, Nyanga, Langa vermoor word nie, “en ek weet, want ek werk daar as ‘n prokureur, ek weet van mense wat begrawe word sonder dat hulle eers uitgeken word deur familielede, ons kan nie verder so aangaan nie”.

Eben van Niekerk, Nashwill Julies, Vernon Witbooi en Geraldo Parson. Ek kyk oor en oor na jul foto’s.

Ek wonder of moed, hoop en liefde drie woorde is wat jul ooit gehoor het as ‘n kind?

Ek wonder hoe ‘n samelewing vier jong mans so kan “shape” dat jy tot soveel geweld en haat in staat is.

Maar jul dade op 27 Mei het nie net een slagoffer gehad nie.

Die persoon wat ander in jul skoene wou help, is nie eers ‘n jaar na haar dogter, ook dood.

Na die gesprek verlede jaar met Anna het ons in kontak gebly. Sy het gevra of ek sal deel word van die Hanna Cornelius stiging, en gesê dat sy regtig broos is en iemand nodig het om haar te beskerm.

Ek het belowe.

My belofte is gebreek op Sondagoggend 25 Maart. Anna se liggaam word om 9uur naby Scarborough uit die see gehaal. Vir die eerste keer na ‘n week siek, het sy weer vir ‘n oggend swem gegaan.

Sou haar hart sterker gewees het ‘n jaar terug – voor die gebeure van 25 Maart 2017?

My hart breek vir Boy, vir Willem, vir Elmarie, vir Sylvia Davis, wat Anna vertel het, hul huishouding aan die gang hou.

Ek is jammer Anna.

Ek is jammer ek kon jou nie beskerm nie.

Jou woorde, jou stem, jou moed, jou postiwiteit en onwrikbare geloof in liefde het my lewe vir altyd verander.

Ontvlugting

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug en dink my nou in Gordonsbaai terug: Ek speel met paddavisse in ’n stroom en kerf swastikas in ’n rookransboom Ek is die hond wat op die strande draf en dom-allenig teen die aandwind blaf Ek is die seevoël wat verhongerd dwaal en dooie nagte opdig as ’n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind sodat my smart in jou volmaaktheid vind: My lyk lê uitgespoel in wier en gras op al die plekke waar ons eenmaal was.

Ingrid Jonker

Christine

Christine Wessels – Senior Producer at Smile90.4FM

Share on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+
Comments